Psalms 68:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal my volk terugbring uit die dieptes van die see. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Immers, God self verpletter die koppe van sy vyande, die koppe van hulle wat in sonde volhard. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel. |
| Afrikaans 1983 | God verpletter die kop van sy vyande, die kop van dié wat in hulle sonde volhard. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God sal beslis die koppe van sy vyande verpletter, die harige hoofde van hulle wat in sondeskuld volhard. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, God sal sy vyande se koppe stukkend slaan, die koppe van die mense wat aanhou sonde doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar God trap al sy vyande onder sy voete plat. Mense wat aanhou sonde doen, vee Hy van die aardbol af. |