Psalms 68:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geloofd sy die HERE wat ons daagliks belas met weldade, ja, die God van ons heil. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe U opgegaan het na die hoogte, het U krygsgevangenes weggevoer. Mense het vir U geskenke gegee, selfs dié wat teen U in opstand was. Nou sal die Here God onder ons kom woon.
Afrikaans 1933/1953 U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God!
Afrikaans 1983 U het krygsgevangenes weggevoer, mense het vir U geskenke gebring, selfs dié wat teen U in opstand was. Toe het U opgegaan na die hoogte om daar te woon, Here God!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U het opgevaar na die hoogte om daar te woon, Here God, nadat U gevangenes weggevoer het en skatplig gevorder het by mense, selfs by hardkoppiges.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe U opgegaan het teen die hoë berg, het U gevangenes saamgevat. U het presente van die mense geneem, ook van die mense wat opstandig was teen U. U, o Here, o God, het op die berg gaan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het krygsgevangenes saamgevat om vir almal te wys U het gewen. Almal het geskenke na U toe aangedra, selfs u vyande het met geskenke laag voor U kom buig toe U in u woonplek ingestap het, Here God!