Psalms 68:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het opgevaar na die hoogte, U het gevangenes gevange geneem; geskenke vir mense ontvang; ja, ook vir die wederstrewiges, sodat die HERE God onder hulle kan woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Met derduisende skitterende strydwaens van God het die Here vanaf Sinaiberg na sy heiligdom toe gekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid. |
| Afrikaans 1983 | Die skitterende strydwaens van God was duisende, duisende der duisende, toe die Here van Sinai af die heiligdom betree het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die strydwamag van God is tienduisende, duisende der duisende. My Heer het van Sinai af by die heiligdom aangekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het baie oorlogkarre, twee maal 10 000 en nog baie duisende. Die Here is in hulle. Soos Hy op Sinai-berg was, so is Hy nou in die tempel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Duisende hemelse oorlogswaens omring God se woonplek. Toe U na die gebeure by Sinai u woonplek binnegegaan het, was u hemelse leërmag saam met U. |