Psalms 68:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die strydwaens van God is twintigduisend, ja, duisende engele: die HERE is onder hulle, soos op Sinai, in die heiligdom.
Afrikaans (NLV) 2011 Berg met hoë spitse, hoekom kyk jy met afguns na die berg wat God as woning gekies het, daar waar die Here vir altyd sal woon?
Afrikaans 1933/1953 Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid.
Afrikaans 1983 waarom, berg met jou hoë kruine, kyk jy met afguns na die berg wat God as sy woning verkies het, waar die Here vir ewig woon?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) waarom kyk julle met afguns, bergreekse met pieke, na die berg wat God gekies het as sy woonplek? Dit is ook waar die Here vir altyd sal woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) al die berge wat baie hoë punte het, hoekom is julle jaloers op die berg waar God wil woon, die berg waar die Here altyd wil woon?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) waarom kyk julle so jaloers na die berg daar waar God se woonplek staan? Daar bly Hy vir altyd. Julle jaloesie help net mooi niks, want God is by sy volk.