Psalms 68:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al lê julle tussen die potte, maar julle sal wees soos die vlerke van 'n duif wat met silwer bedek is en haar vere met geelgoud.
Afrikaans (NLV) 2011 Konings en leërs het gevlug.” Hulle het gevlug, en vroue het tuis die buit verdeel.
Afrikaans 1933/1953 Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.
Afrikaans 1983 [13-14] magtige konings, het gevlug, hulle het gevlug.” Terwyl die manskappe nog tussen die saalsakke gelê en rus het, was die vroue tuis al besig om die buit te verdeel: beeldjies van duiwe waarvan die vlerke oorgetrek is met silwer en die vlerkpunte met glinsterende goud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die konings met leërs vlug, hulle vlug! Die mooi vroue tuis verdeel die buit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) konings en hulle leërs, het gevlug. Hulle het gevlug.” Die vroue wat by die huis gebly het, verdeel die goed wat hulle mans saamgebring het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [13-14] konings het in alle rigtings gehardloop. Hulle het gevlug. Terwyl Israel se soldate nog gerus het na hulle groot oorwinning, het die vroue by die huis al die buit begin verdeel, kosbare skatte is onder mekaar uitgedeel. God het die onmoontlike reggekry, ja,