Psalms 68:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het die woord gegee: groot was die menigte van die wat dit uitgegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het u volk hulle gaan vestig. In u goedheid het U, o God, ook vir die armes voorsien. |
| Afrikaans 1933/1953 | U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God! |
| Afrikaans 1983 | U eie volk het daar gaan woon. In u goedheid, o God, het U dit vir u hulpelose volk bestem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | u woonplek waarin hulle woon. In u goedheid het U dit gereedgemaak vir magteloses, o God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat aan U behoort, het daar gewoon, U was goed, o God, U het gesorg vir die mense wat swaarkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het vir u eie mense ’n blyplek gegee. God, U is so ontsettend goed; daarom gee U vir swak mense net die allerbeste, u hulpelose volk kry selfs ’n eie land. |