Psalms 67:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die volke U loof, o God; laat die hele volk U loof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat die nasies bly wees en sing van vreugde, want met billikheid regeer U die volke en lei U die nasies op die aarde. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela. |
| Afrikaans 1983 | Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag nasies bly wees en jubel, want U oordeel volke billik; en nasies, mag U hulle op die aarde lei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volke moet bly wees en vrolik sing, want wanneer U die volke oordeel, dan doen U reg aan almal. U lei die volke op die aarde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Volke wat U nie ken nie, sal bly wees en juig omdat U regverdig teenoor hulle optree. U heers oor al die volke op aarde. En U lei alle mense. |