Psalms 66:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy heers deur sy mag vir ewig; sy oë aanskou die nasies; laat die wederstrewiges hulle nie verhef nie. Sela. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy wat vir altyd deur sy groot mag regeer. Sy oë is gerig op die nasies. Laat geen opstandeling homself verhef nie. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela. |
| Afrikaans 1983 | wat ewig heers deur sy mag en die nasies in die oog hou. Die vyande moet hulle nie teen God verset nie! Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy wat ewig heers deur sy mag, wie se oë die nasies deurkyk. Hardkoppiges moet hulleself nie verhef nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God is sterk, Hy regeer altyd, Hy kyk wat die volke doen. Die mense wat opstandig is, moenie dink hulle is sterker as God nie. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sterk is die Here dat Hy altyd in beheer van sake is. Hy weet wat almal op aarde doen. Hy hou sy oog op almal. Mense moenie dink hulle kan teen die Here in opstand kom nie. |