Psalms 66:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die hele aarde sal jou aanbid en vir jou sing; hulle sal tot eer van u Naam sing. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal op die aarde sal U aanbid; hulle moet sing tot u eer en lofsing tot eer van u Naam.” Sela
Afrikaans 1933/1953 Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.
Afrikaans 1983 Alle mense moet voor U buig, hulle moet sing tot u eer, hulle moet sing tot eer van u Naam. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Almal op aarde buig voor U in aanbidding. Hulle besing U, hulle besing u Naam.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense op die aarde buig en sing vir U, hulle sing oor u Naam. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U is so groot dat alle mense laag voor U buig. U is so sterk dat mense wat U nie liefhet nie, ook op hulle knieë na U toe moet kruip. Almal op aarde moet U aanbid. Hulle moet liedere sing om U te eer. Hulle moet liedere sing om u Naam groot te maak.