Psalms 66:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geseënd van God wat my gebed en sy goedertierenheid nie van my afgewend het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Loof God wat my gebed nie verwerp het nie en sy troue liefde nie aan my onttrek het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie! |
| Afrikaans 1983 | Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys en sy trou nie van my weerhou het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God moet geprys word, Hy wat my gebed nie afgewys het, sy troue liefde van my nie weerhou het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nou prys ek vir God. Hy het geluister na my gebed, Hy het gedoen wat Hy belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God moet geprys word. Hy het my nie geïgnoreer nie. Hy was getrou aan my. |