Psalms 66:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal vir jou brandoffers van vetgemaakte diere bring, saam met die reukwerk van ramme; Ek sal bulle met bokke aanbied. Sela. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As brandoffer bring ek die vetste van my vee, as wierook die beste van my ramme. Ook bulle en skape sal ek offer. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela. |
| Afrikaans 1983 | Ek bring vir U vet skape as brandoffers, ramme as wierookoffers, ek offer beeste en bokke. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Brandoffers van vetgemaakte skape sal ek aan U bring, saam met die offerrook van ramme. Ek sal beeste saam met bokke offer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal vir U brand-offers bring, vet diere, saam met skaap-ramme wat op die altaar brand. Ek sal bulle offer saam met bok-ramme. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die heel beste wat ek het, vir U gee. Die allerbeste wat ek het, sal ek na U toe bring. |