Psalms 65:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat deur sy krag die berge vasmaak; omgord met krag:
Afrikaans (NLV) 2011 God ons verlosser, U antwoord ons met magtige dade en in geregtigheid. Tot aan die einde van die aarde en vanaf die verste seë hoop mense op U.
Afrikaans 1933/1953 Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!
Afrikaans 1983 In u trou antwoord U ons met kragtige dade, o God, ons Verlosser, op wie ook die mense in afgeleë lande en op verre seë vertrou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U antwoord ons in geregtigheid met ontsagwekkende dade, o God wat ons verlos – U, die vertroude tot aan al die eindes van die aarde en die verste seë,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer U reg doen aan ons en vir ons antwoord, dan doen U wonderlike dinge, U, die God wat ons red. Al die mense weet dat U sal help, al die mense in die verste plekke op die aarde en ver anderkant die see.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat U getrou is, antwoord U ons en doen groot en wonderlike dinge vir ons. U help ons as ons bid. U red ons. Daarom vertrou mense oor die hele aarde op U.