Psalms 65:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur vreeslike dinge in geregtigheid sal U ons antwoord, o God van ons heil; wat die vertroue is van al die eindes van die aarde en van die wat ver op die see is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Geseënd is dié vir wie U uitkies, hulle wat U laat naderkom en in u tempel laat woon. Mag ons oorlaai word met die goedheid van u huis, in u heilige tempel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis. |
| Afrikaans 1983 | Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom om in u tempel te bly. Laat ons die goeie dinge in u huis in oorvloed geniet, die goeie dinge in u heilige woning. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is die mens vir wie U uitkies en laat nader kom – hy mag woon in u voorhowe. Ons wil graag versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u •tempel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit gaan goed met iemand wanneer U hom kies en hom laat nader kom om voor u tempel te staan. Hy sal genoeg kry van al die goeie dinge in u tempel, u gewyde woonplek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die gelukkigste mens op aarde is daardie persoon vir wie U uitkies en toelaat om by U te kom. U bring hom na U toe sodat hy saam met U kan lewe. Ons wil elke dag leef uit die goeie dinge wat U vir ons gee. |