Psalms 65:14 — Compare Translations

5 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Die weivelde wemel van kleinvee, en die valleie is oordek met graan. Hulle juig en sing van vreugde!
Afrikaans 1983 die velde wemel van die kleinvee, die vlaktes staan vol koring; hulle juig en hulle sing.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die weivelde klee hulle met kleinvee; die valleie tooi hulle met graan; hulle roep uit van vreugde, ja, hulle sing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die veld is vol skape en bokke, die valleie is vol koring, die mense skree, hulle sing.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die weivelde is vol vee. Die laagtes is toe onder koring. Dis of niks en niemand hulle vreugde kan keer nie.