Psalms 65:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U kroon die jaar met u goedheid; en jou paaie drup van vet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U vul die leivore met water, en deurweek die kluite; U laat hulle sag word van reën en laat alles welig groei. |
| Afrikaans 1933/1953 | U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel. |
| Afrikaans 1983 | U maak die ploegvore vol water en die kluite nat, U laat hulle sag word van die reëns, U laat alles welig groei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U maak die vore nat, die ploegbanke gelyk; met reënbuie maak U die aarde sag, U seën dit wat daar opkom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U laat dit baie reën in die koringlande, daar is baie water waar die mense geploeg het. U maak die harde stukke grond nat, dit word sag van die reën. U laat die plante groei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U maak die hele aarde nat. Die harde grond word gou-gou sag na die reën wat U gee. Alles wat in die grond geplant word, groei vinnig. |