Psalms 65:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U laat sy rante oorvloedig natmaak, sy vore maak U vas; U maak dit sag met buie; U seën die spruit daarvan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U versorg die aarde, en laat dit reën, U maak dit ryk en vrugbaar. Die riviere van God is vol water; U verskaf graan soos U bepaal het. |
| Afrikaans 1933/1953 | U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land. |
| Afrikaans 1983 | U sorg vir die land en gee oorvloed, U maak dit baie vrugbaar. Die groot riviere is vol water, U laat die koring welig staan. Alles is u werk! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het na die land omgesien, dit deurdrenk, dit besonder verryk. God se leivoor is vol water. U sorg vir hulle koring, want so berei U die grond voor: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U sorg vir die aarde, U gee die reën, U maak die grond baie vrugbaar. 'n Groot stroom water kom van U en U laat die koring groei, ja, U doen dit alles. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U kom na hulle toe en gee hulle alles wat hulle nodig het. U maak die grond vrugbaar. God, die water wat U gee, is meer as genoeg. Dit bring groot oeste. Dit is alles wat U doen. |