Psalms 64:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar God sal met 'n pyl op hulle skiet; skielik sal hulle gewond word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle beplan misdaad, en sê: “Ons het ’n volmaakte plan!” Die mens se gedagtes en bedoelings is inderdaad baie duister. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart! |
| Afrikaans 1983 | Hulle beplan skelmstukke en sê: “Ons het 'n volmaakte komplot gesmee, want wat binne in 'n mens is, wat hy uitgedink het, is 'n geheim.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sal mense 'n bose opset ondersoek? Ons is gereed; dit is 'n fyn beplande set, en 'n mens se binneste en hart is onpeilbaar.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en niemand kan uitvind watter slegte dinge hulle wil doen nie. Hulle sê: “Ons het planne gemaak, niemand weet daarvan nie. Niemand weet wat 'n mens dink nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle beplan om ewe skelm allerhande dinge te doen. Hulle dink hulle bose planne is fyn uitgewerk. Hulle hou alles ’n groot geheim. |