Psalms 64:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verberg my vir die geheime raad van die goddelose; van die opstand van die werkers van ongeregtigheid: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | O God, luister tog na my klag. Beskerm my teen die dreiging van my vyande. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand. |
| Afrikaans 1983 | Hoor my as ek kla, o God, beskerm my lewe teen die bedreiging van die vyand! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister, o God, na my stem as ek kla; hou my lewe veilig teen die verskrikking van die vyand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, U moet luister, ek vra dat U my moet help. Ek is bang vir my vyande, U moet my lewe red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, help my asseblief as ek oor my probleme bid. Beskerm my sodat ek nie bang word vir mense wat my kwaad wil aandoen nie. |