Psalms 64:11 — Compare Translations
5 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die regverdiges sal bly wees in die Here, en skuiling soek by Hom. Al die opregtes van hart sal Hom prys. |
| Afrikaans 1983 | Laat die regverdige hom in die Here verbly en sy toevlug by Hom soek, laat al die opregtes Hom prys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Regverdiges sal hulle in die Here verheug en by Hom skuil. Almal wie se harte opreg is, sal in Hom roem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat reg doen, sal bly wees omdat hulle aan God behoort, en hulle sal vir Hom vra om hulle te beskerm. Die mense wat eerlik is, sal Hom prys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat die Here dien, sal bly wees omdat hulle Hom dien. Laat hulle by Hom wegkruip. Laat almal wat die Here liefhet, Hom prys. |