Psalms 63:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat u goedertierenheid beter is as die lewe, sal my lippe U loof.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het U inderdaad in die heiligdom gesien en u krag en heerlikheid aanskou.
Afrikaans 1933/1953 So het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.
Afrikaans 1983 Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het ek uitgesien na U in die heiligdom, om u krag en glorieryke teenwoordigheid te ervaar,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het in die tempel na U gekyk, en ek het gesien dat U sterk is en dat U die Koning is. Ek wil dit nou ook weer sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek verlang met my hele wese om U te aanbid. Ek wil u krag en u grootheid beleef.