Psalms 63:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | om u krag en U heerlikheid te sien, soos ek u in die heiligdom gesien het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | O God, U is my God, ek soek na U, ek smag na U; my hele liggaam verlang na U soos ’n dor land sonder water. |
| Afrikaans 1933/1953 | *** |
| Afrikaans 1983 | Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God, U is my God, na U soek ek; my •siel dors na U, my liggaam smag na U in 'n droë, uitgeputte land sonder water. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, U is my God, ek wil naby U wees. Ek verlang na U hier in 'n droë land, hier is nie water nie, en alles kry swaar om te lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, U is my God! Ek soek U! Ek verlang na U soos iemand wat baie dors is. Met alles wat ek het, begeer ek om by U te wees. Soos iemand wat water in die woestyn soek, soek ek na U. |