Psalms 62:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vertrou altyd op Hom; volke, stort julle hart voor Hom uit: God is vir ons 'n toevlug. Sela. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God is my redding en my krag; God is my sterke rots en my toevlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God. |
| Afrikaans 1983 | God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | By God lê my verlossing, my eer. My sterk rots, my skuilplek, vind ek in God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is God wat my sal red en wat vir my eer sal gee. Hy is my sterk rots, ek vra dat Hy my moet beskerm. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir my is dit ’n groot eer om God se hulp te kom vra. Ek kry arms vol krag wanneer ek voor Hom staan met my probleme. Ek soek veiligheid by my God. |