Psalms 62:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My siel, wag net op God; want my verwagting is van hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle wil my my ereplek ontneem. Hulle geniet dit om leuens te vertel. Met hulle mond seën hulle my, maar in hulle harte vervloek hulle my. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela. |
| Afrikaans 1983 | Hulle probeer my uitwerk; hulle skep behae in leuens; met die mond seën hulle, in die hart vervloek hulle. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, hulle beplan om hom af te stoot van sy hoë plek, hulle hou van leuens. Met die mond seën hulle, maar in hulle binneste vloek hulle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My vyande wil net een ding doen, hulle wil my verneder. Hulle hou daarvan om te lieg. Hulle sê dat hulle my seën, maar in hulle hart vervloek hulle my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle wil my laat neerslaan. Daardie mense praat agteraf van my. Hulle vertel leuens. Hulle praat mooi woordjies, maar binne-in dink hulle anders. Hulle lewe is vol slegte dinge. |