Psalms 62:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God het eenmaal gespreek; twee keer het ek dit gehoor; daardie krag behoort aan God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie! |
| Afrikaans 1983 | Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet op afpersing nie staatmaak, op plunder julle ydele hoop nie vestig nie. Rykdom, as dit toeneem – moet julle hart nie daarop sit nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie dink dat dit met julle goed sal gaan wanneer julle die goed vat wat julle nie moet kry nie, julle moenie dink dat dit vir julle sal help om ander mense se goed te vat nie. En wanneer julle ryk word, moenie dan dink dat julle alles het wat julle moet hê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie op mense se krag vertrou nie. Om mense te besteel gaan jou nie help nie. Wanneer jy ryk word, oppas dat dit nie jou hart inneem nie. |