Psalms 62:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vertrou nie op verdrukking en word nie ydel deur roof nie; as rykdom toeneem, rig jou hart nie daarop nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Sekerlik is mense net ’n asempie, en die mensdom onbetroubaar. Op die weegskaal weeg hulle niks. Saam is hulle ligter as ’n windjie.
Afrikaans 1933/1953 Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
Afrikaans 1983 Mense is verganklik, mense is niks: op 'n skaal wys hulle geen gewig nie, saam is hulle minder as niks.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net 'n asemteug is die mens, onbetroubaar is mense; op 'n skaal weeg hulle byna niks, saam is hulle ligter as 'n asemteug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense is soos wind, mense beteken niks. Wanneer jy hulle op 'n weegskaal sit, dan sal jy sien hulle weeg niks. Hulle almal saam beteken minder as wind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoor nou wat ek sê: mense beteken niks. Op mense kan jy nooit vertrou nie. Hulle is onbetroubaar. As julle hulle weeg, sien jy hulle is niks. Selfs al span hulle kragte saam, beteken hulle minder as niks.