Psalms 61:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U sal die koning se lewe verleng, en sy jare soos baie geslagte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want U het my geloftes gehoor, o God. U vervul die begeerte van hulle wat u Naam dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees. |
| Afrikaans 1983 | U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U is immers die Een wat luister na my geloftes, o God; U gee 'n erfdeel aan hulle wat vir u Naam ontsag het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want U het gehoor dat ek belowe het om offers te bring vir U. U het vir my ook 'n plek gegee by die mense wat vir U dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, U weet dat ek belowe het om U te prys. U oorlaai my met goeie dinge. U doen dit vir almal wat U dien. |