Psalms 61:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal vir ewig in U tabernakel vertoef; ek vertrou op die skuilplek van U vleuels. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 Waarlik, U is vir my ’n skuilplek, ’n sterk vesting buite bereik van my vyande.
Afrikaans 1933/1953 Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk toring teen die vyand.
Afrikaans 1983 U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want U is vir my 'n skuilplek, 'n versterkte toring teen die vyand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek vra dit, want U het my altyd beskerm, U was vir my soos 'n toring waar die vyande nie by my kan kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U alleen pas my op. U is soos ’n skuilplek waarheen ’n mens vlug as daar groot gevaar kom. U beskerm my teen my vyande.