Psalms 61:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want U was vir my 'n skuiling en 'n sterk toring teen die vyand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vanaf die einde van die aarde roep ek tot U om hulp, want ek is moedeloos. Lei my na die rots hoër as ek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is. |
| Afrikaans 1983 | Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van die einde van die aarde roep ek na U, wanneer my moed my begewe. Lei my na 'n rots wat vir my te hoog is; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is baie ver van U, maar ek roep en vra dat U my moet help, ek is moedeloos. U moet my op 'n hoë rots laat staan waar ek veilig sal wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer ek moedeloos en wanhopig is en voel of ek amper dood is, bid ek ernstig. Beskerm my sodat ek nie doodgaan nie. |