Psalms 60:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moab is my waspot; oor Edom sal Ek my skoen uitgooi; Filistië, triomfeer om my ontwil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In sy heilige woonplek het God gesê: “As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die vallei van Sukkot uitmeet. |
| Afrikaans 1933/1953 | God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. |
| Afrikaans 1983 | God het in sy heilige woning gesê: “As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die Sukkotlaagte uitdeel! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God self het in sy heiligdom verklaar: “Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel, die vallei van Sukkot gaan Ek afmeet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het in sy tempel gesê: “Ek het die vyande oorwin en Ek sal juig wanneer Ek die grond van Sigem verdeel en wanneer Ek die Sukkot-vallei meet en vir mense gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar uit die plek waar Hy aanbid word, het God vir sy kinders gesê: “Daar is baie plekke in die land wat Ek vir julle sal gee. |