Psalms 60:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het harde dinge aan u volk bekend gemaak, U het ons die wyn van verbasing laat drink. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het ons verstoot, o God, ons verdediging afgebreek. U was vir ons kwaad; herstel tog u guns oor ons. |
| Afrikaans 1933/1953 | o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons! |
| Afrikaans 1983 | U het ons verstoot, o God, ons uitmekaar geskeur. U was kwaad vir ons. Laat dit tog weer met ons goed gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | O God, U het ons verstoot, ons uitmekaar geslaan. U was toornig. Herstel ons! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, U het ons weggestoot, U het ons gebreek. U was kwaad vir ons. Maar U moet dit weer goed laat gaan met ons. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, U het ons van U af weggestoot! U het ons in stukke geskeur toe U baie kwaad vir ons was. Maak asseblief weer soos voorheen die lewe vir ons mooi. |