Psalms 60:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur God sal ons dapper handel, want Hy is dit wat ons vyande sal vertrap.
Afrikaans (NLV) 2011 Het U ons verwerp, o God? Sal U, o God, saam met ons leërs opruk?
Afrikaans 1933/1953 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. [ (Psalms 60:13) Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid. ] [ (Psalms 60:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ]
Afrikaans 1983 U het ons verstoot, o God, U trek nie saam met ons leërs uit nie, o God!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is dit nie U, o God, wat ons verstoot het nie? U, o God, trek nie meer saam met ons leërs uit nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) O God, U het ons weggestoot, U self het dit gedoen, U gaan nie saam met ons soldate wanneer hulle oorlog gaan maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God, U het ons van U af weggestoot. God, U lei en beskerm ons soldate nie meer nie.