Psalms 6:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het my smeking gehoor; die HERE sal my gebed aanneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan weg, al julle kwaaddoeners, want die Here het na my hulpgeroep geluister. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor. |
| Afrikaans 1983 | Gee pad van my af, julle almal wat onreg doen, want die Here het ag geslaan op my geroep om hulp, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gee pad van my af, julle almal wat onreg pleeg, want die Here het gehoor hoe hard ek huil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle almal wat slegte dinge doen, julle moet weggaan van my, want die Here het gehoor hoe ek huil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle wat my so sleg behandel, gee pad! Die Here luister na my gebed wanneer ek huil. |