Psalms 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My oog is verteer vanweë droefheid; dit verouder vanweë al my vyande.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek is vermoeid van verdriet. Snags is my bed deurweek, is my kussing nat van trane.
Afrikaans 1933/1953 Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.
Afrikaans 1983 Ek is uitgeput van verdriet, ek huil die hele nag deur, ek deurweek my bed met trane.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is moeg van my gesug, elke nag deurdrenk ek my bed, deurweek ek my slaapbank met trane.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is moeg, ek het aangehou kla en sug, ek huil die hele nag, my bed is nat van die trane.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek kan nie meer huil of kla nie; my kragte is op. In die nag huil ek my kussing nat. My hele bed is later nat van die trane. Al die pyn en hartseer maak my gedaan.