Psalms 59:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle kom in die aand terug: hulle maak 'n geraas soos 'n hond en gaan in die stad rond. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | O Here, God die Almagtige, God van Israel, gryp tog in en straf al die nasies. Betoon geen genade aan bose verraaiers nie. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja U, HERE, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela. |
| Afrikaans 1983 | U is die Here God, die Almagtige, die God van Israel! Gryp tog in en straf al hierdie vyandige nasies! Moenie genade betoon aan sulke lae verraaiers nie. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U, Here God, Heerser oor alle magte, God van Israel, staan tog op om al die nasies tot verantwoording te roep; moenie genadig wees teenoor al die bose verraaiers nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U, Here, God wat oor alles regeer, God van Israel, U moet nou begin om al die volke te straf, U moenie genadig wees vir verraaiers nie. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U is nog altyd die sterkste. U is die God van Israel, die groot Bevelvoerder. Gryp in! Moenie goed wees vir daardie spul wat verkeerde dinge doen nie. Jy kan nie op hulle vertrou nie. Moenie aan hulle genade betoon nie. |