Psalms 59:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle hardloop en berei hulle voor sonder my skuld: word wakker om my te help, en kyk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want kyk, hulle lê my voor. Gedugte mense span saam teen my al het ek nie oortree of gesondig nie, Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE! |
| Afrikaans 1983 | Die geweldenaars lê my voor om my dood te maak, hulle wil my aanval. Maar ek het nie gesondig nie, ek het nie oortree nie, Here! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want kyk, hulle lê my voor, sterkes val my aan. Nie omdat ek oortree of gesondig het nie, Here – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want U moet dit weet, dit is sterk mense wat vir my wag en wat my wil aanval. Ek het niks verkeerd gedoen nie, ek het nie 'n fout gemaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Help my teen mense wat lief is vir geweld, wat ’n hinderlaag opgestel het om my dood te maak. Hulle wil my aanval. Maar ek is onskuldig. Ek het nie verkeerd gedoen nie. |