Psalms 59:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Tot eer van jou, o my sterkte, wil ek sing, want God is my beskutting en die God van my goedertierenheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar ek sal sing van u mag en in die oggend jubel oor u trou. Want U was my toevlug, ’n veilige skuiling in tye van nood. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar,k sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was 'n rotsvesting vir my en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was. [ (Psalms 59:18) My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God. ] |
| Afrikaans 1983 | Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ek, ek sing van u krag. In die môre jubel ek oor u troue liefde, want U was vir my 'n toevlugsoord, 'n skuilplek op die dag van my nood. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek? Ek sal sing oor u krag, ek sal elke oggend juig omdat U doen wat U belowe. By U is ek veilig, U beskerm my wanneer dit vir my gevaarlik is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar ek sal U prys, Here. Elke oggend as ek wakker word, is ek so bly dat ek juig. Want U bly getrou aan my. U het my opgepas toe ek in die nood was. U maak my sterk. |