Psalms 59:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verteer hulle in toorn, verteer hulle, sodat hulle daar nie is nie; en laat hulle weet dat God in Jakob heers tot aan die eindes van die aarde. Sela. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Weens die sonde uit hulle mond, weens die woorde van hulle lippe, laat hulle gevang word deur hulle hoogmoed, weens hulle vervloekings en hulle leuens. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel. |
| Afrikaans 1983 | oor hulle woorde, die sonde uit hulle mond. Laat hulle gevang word deur hulle hoogmoed, deur die vervloekings wat hulle uitspreek, en die leuens wat hulle praat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sondig met hulle monde, met die woorde op hulle lippe. Laat hulle verstrik raak in hulle hoogmoed oor die vervloeking en die leuens wat hulle vertel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet dit doen, want hulle doen sonde wanneer hulle praat. U moet hulle straf, want hulle is hoogmoedig, hulle vervloek mense en hulle lieg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met hulle gepraat doen hulle baie skade. Hulle dink hulle is belangriker as ander mense. Laat hulle neerslaan. Hulle lieg en praat lelik. |