Psalms 59:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die sonde van hulle mond en die woorde van hulle lippe, laat hulle selfs in hulle trots wees, en oor die vloek en die leuens wat hulle spreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie hulle dadelik doodmaak nie, want my volk vergeet so gou; laat hulle steier deur u krag, en bring hulle tot ’n val, Here, ons skild.
Afrikaans 1933/1953 Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!
Afrikaans 1983 Moet hulle nie nou al doodmaak nie, sodat hulle straf nie ongemerk aan my volk verbygaan nie. Breek hulle stadig af deur u mag en laat hulle ondergaan, Here, ons Beskermer,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moet hulle nie doodslaan nie, sodat my volk nie vergeet nie. Laat hulle rondswerf deur u krag, en bring hulle dan tot 'n val, my Heer, ons Skild.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moenie vir hulle dadelik doodmaak nie, dan kan my volk onthou dat U my laat wen het. U moet hulle na al die kante toe jaag, U is sterk, U moet hulle op die grond laat val. My Here, U beskerm ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie daardie slegte spul te gou doodmaak nie, Here! U kinders moet die skurke nie so gou vergeet nie. Laat u kinders sien watter slegte dinge hulle doen. Straf hulle op so ’n manier dat u kinders dit kan raaksien. Laat hulle sleg daarvan afkom, Here. Beskerm ons teen hulle.