Psalms 58:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Voordat jou potte die dorings kan voel, sal Hy dit wegneem soos met 'n warrelwind, lewend sowel as in sy toorn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | soos ’n misgeboorte wat wegsmelt, soos ’n doodgeborene wat nie die son sien nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie. |
| Afrikaans 1983 | Laat hulle wegraak soos slakke wat net slym agterlaat, laat hulle word soos misgeboortes, sonder lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | soos 'n slak wat in sy slym seil, soos misgeboortes van vroue wat nooit die son sien nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet hulle laat word soos slakke wat smelt en verdwyn terwyl hulle loop, U moet hulle laat word soos 'n kind wat doodgebore is en wat nooit die son gesien het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moet wegraak, soos ’n slak verdwyn as jy sout op hom gooi. Laat hulle soos ’n dooie baba wees na ’n miskraam. Sorg dat hulle nooit eens die lewe sien nie. |