Psalms 58:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle gif is soos die gif van 'n slang: hulle is soos 'n dowe adder wat sy oor toestop;
Afrikaans (NLV) 2011 Bose mense is so vanaf geboorte; van kleintyd af praat hulle leuens.
Afrikaans 1933/1953 Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
Afrikaans 1983 Slegte mense loop van hulle geboorte af 'n verkeerde pad, vandat hulle in die wêreld gekom het, dwaal hierdie bedrieërs af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vanaf die moederskoot dwaal goddeloses af, vanaf hulle geboorte raak leuenaars die pad byster.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat verkeerd doen, mense wat aanhou lieg, doen die verkeerde dinge vandat hulle gebore is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is van kleins af al op die verkeerde pad. Van jongs af praat hulle nie die waarheid nie.