Psalms 58:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die goddelose is van die moederskoot af vervreem; hulle dwaal sodra hulle gebore word, en praat leuens. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nee! In julle gedagtes beplan julle reeds boosheid, met julle eie hande versprei julle geweld in die land. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af. |
| Afrikaans 1983 | Nee, julle optrede in die land is die ene korrupsie, met geweld gaan julle deur die lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Selfs in julle harte beoefen julle onreg; in die land maak die geweld van julle hande vir julle die pad skoon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, julle dink altyd hoe julle verkeerde dinge kan doen, julle doen slegte dinge aan mense in die land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nee, want julle is sleg. Oral waar julle kom, baklei julle. Julle ken net die taal van geweld. |