Psalms 58:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat 'n mens sal sê: Waarlik, daar is 'n beloning vir die regverdige; voorwaar, Hy is 'n God wat oordeel op die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011 Die getroue sal bly wees by aanskoue van die vergelding. Die bloed van die goddeloses sal hy afwas van sy voete.
Afrikaans 1933/1953 Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose. [ (Psalms 58:12) En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is 'n God wat op die aarde oordeel! ]
Afrikaans 1983 Die regverdige sal bly wees as hy sien daar is vergelding, as die bloed van die goddeloses oor sy voete loop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die regverdige sal bly wees wanneer hy vergelding sien; hy sal sy voete afspoel in die bloed van die goddelose.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat reg doen, sal baie bly wees wanneer hulle sien hoe die Here die mense straf wat verkeerd doen. Dit sal wees soos wanneer iemand sy voete was in die bloed van sy vyande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat U dien, sal bly wees as hulle sien hoe U slegte dinge straf. Hulle sal vol vreugde wees as hulle sien hoe U slegte mense vergeld vir hulle slegte dade.