Psalms 58:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose.
Afrikaans (NLV) 2011 Vinniger as wat ’n pot warm word oor ’n doringvuur sal God hulle wegvee, sowel jonk as oud.
Afrikaans 1933/1953 Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed.
Afrikaans 1983 Laat hulle, voor hulle dit weet, uitgeroei wees soos onkruid, laat 'n gloeiende wind hulle wegwaai in die fleur van hulle lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Voordat hulle dit besef, is hulle soos dorings, soos steekdorings wat uitgeroei word, soos bossies wat die stormwind wegwaai.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal hulle laat verdwyn, vinniger as doringtakke wat brand onder 'n pot, ook die takke wat nog groen is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Raak ontslae van hulle soos ’n mens onkruid uittrek en weggooi. Laat die wind hulle wegwaai terwyl hulle jonk is.