Psalms 57:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My hart is vas, o God, my hart is vas: ek wil sing en prys.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het vir my voete ’n lokval gestel. Ek voel terneergedruk. Hulle het ’n gat voor my gegrawe, maar het self daarin geval. Sela
Afrikaans 1933/1953 Hulle het 'n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het 'n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela.
Afrikaans 1983 Hulle het 'n strik vir my voete gespan, hulle wou my breek, hulle het 'n gat vir my gegrawe, maar self daarin geval. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Net het hulle gespan vir my voete – hulle het my neerslagtig gemaak. Hulle het 'n vangkuil voor my gegrawe – hulle het self daarin geval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My vyande wou my vang soos 'n mens 'n voël in 'n vangnet vang, dit het sleg gegaan met my. Hulle het 'n gat gegrawe vir my maar hulle het self in die gat geval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat oneerlike dinge sê, het hulle bes probeer om my onder te kry. Hulle het my vertrap. Maar gelukkig het hulle self in die gat geval wat hulle vir my gegrawe het.