Psalms 57:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het 'n net vir my voetstappe gemaak; my siel is neergebuig; hulle het 'n kuil voor my aangesig gegrawe, waarin hulle self geval het. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 O God, mag U geprys word ver bokant die hemele, en u heerlikheid besing word oor die hele aarde.
Afrikaans 1933/1953 Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!
Afrikaans 1983 Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel, u mag hoog bo die aarde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid oor die hele aarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) O God, U moet wys dat U die Groot Koning is van die hemel en van die hele aarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God, wys vir ons dat niemand groter is as U nie. Selfs nie eens in die hemel is iemand belangriker as U nie. U is so groot dat elkeen op aarde dit moet kan raaksien.