Psalms 57:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My siel is onder leeus, en ek lê onder die wat aan die brand gesteek is, die mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en hulle tong 'n skerp swaard. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uit die hemel antwoord Hy en red my; hulle wat my wil vernietig, sal Hy verneder. Sela God sal sy trou en waarheid stuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal uit die hemel antwoord en my red, Hy sal dié wat my jaag, die stryd laat verloor. Sela God sal antwoord in sy liefde en trou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal uit die hemel hulp stuur en my verlos. Hy verwar hom wat my teister. God sal sy troue liefde en sy waarheid stuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal sy hand uitsteek uit die hemel en Hy sal my red. Hy sal die mense verneder wat my jaag. Sela God sal sy hand uitsteek en Hy sal my red, Hy doen wat Hy belowe, Hy bly dieselfde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar uit sy woonplek in die hemel sal Hy my bystaan. Hy sal my uit my nood red. Slegte mense wat my wil laat ondergaan, probeer skande oor my bring. Omdat God vir my omgee, sal Hy keer dat dit gebeur. |