Psalms 57:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal tot God die Allerhoogste roep; aan God wat alles vir my doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wees my genadig, o God, wees my genadig! Ek soek skuiling by U. In die skaduwee van u vlerke sal ek skuil totdat die onheil verby is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het. |
| Afrikaans 1983 | Wees my genadig, o God! Wees my genadig, want by U soek ek skuiling. Onder u vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U skuil ek; in die skadu van u vlerke sal ek skuil totdat die vernietiging verby is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, U moet genadig wees vir my, U moet genadig wees, want ek kom vra dat U my moet beskerm. Ek vlug na U toe soos kuikens onder 'n hen se vlerke in vlug totdat die gevaar verby is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, wees asseblief goed vir my. Wees goed vir my, want ek kruip by U weg. U moet my beskerm totdat die gevaar verby is. |