Psalms 56:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elke dag verniel hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen My ten kwade. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In God, wie se woord ek prys, in God is my vertroue; ek sal nie vrees nie. Wat kan mense aan my doen? |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen? |
| Afrikaans 1983 | In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan 'n blote mens aan my doen? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op God – ek loof sy woord – op God vertrou ek. Ek sal nie bang wees nie; wat kan vlees en bloed aan my doen? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek weet God sal my help. Hy het dit belowe, en ek prys Hom. Ek weet God sal my help, ek is nie bang nie. Mense kan niks aan my doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek prys God vir sy belofte dat Hy my sal help. Op Hom vertrou ek sonder om bang te wees. Mense kan niks aan my doen nie. Hulle is maar klein en swak. |