Psalms 55:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My hart is pynlik in my binneste, en die verskrikkinge van die dood het op my geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | oor die dreiging van my vyande, oor die druk van die goddeloses. Hulle bring ellende oor my, en kweek vyandskap in hulle toorn. |
| Afrikaans 1933/1953 | weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand. |
| Afrikaans 1983 | oor die dreigemente van my vyande en oor die druk van slegte mense op my. Hulle wil my met onreg breek; verwoed stook hulle vyandskap teen my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | oor die geraas van vyande, oor die getier van goddeloses, want hulle laat onreg op my neerstort, en in toorn is hulle vyandig teenoor my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | wanneer ek hoor wat my vyande sê, wanneer die mense wat verkeerd doen, my wil laat swaarkry. Want hulle beskuldig my vals, hulle is kwaad en hulle haat my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat niks van my hou nie, los my nie uit nie. Slegte mense maak die wêreld vir my bitter moeilik. Hulle praat aanmekaar kwaad van my. Hulle behandel my soos ’n vloerlap. |