Psalms 55:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het sy hande uitgesteek teen dié wat met hom vrede het; Hy het sy verbond verbreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God sal hoor en hulle verneder, Hy wat van altyd af regeer. Sela Want hulle bekeer hulle nie en dien God nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie. |
| Afrikaans 1983 | God, wat van ewigheid af regeer, sal hoor en hulle verneder omdat hulle hulle nie bekeer nie en Hom nie dien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God hoor en sal hulle verneder – Hy regeer immers van die voortyd af, – hulle by wie daar geen verandering is nie, en wat nie ontsag het vir God nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God sal hoor en Hy sal hulle verneder, Hy wat Koning is van die begin af. Sela Hy sal dit doen, want my vyande wil nie verander nie, hulle wil nie gehoorsaam wees aan God en Hom dien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God sal help as ek Hom vra. Hy sal daardie skurke straf vir alles wat hulle aan my gedoen het. Hy regeer nog altyd. Hy sal hulle straf omdat hulle nie omdraai en agter Hom aanloop en Hom dien nie. |